Mariëtte Steyn gesels 2024 Basaar

Skryf die datum in jou dagboek, laat weet solank die familie en kleinkinders en kry jul idees agter mekaar. Hierdie jaar gaan ons groot! Sien die voorlopige lys van stalletjies hier en ons vra dat jul gereed sal kom om hand by te sit. Waar sien u kans om te werk of te help?

24-03-2023 ONTHOU ASB Alle kollektelyste  vir die basaar moet teen Vrydag of Sondag by die kerk ingehandig word. Ons juig oor elkeen se bydrae en bedank elke donateur, kollektant en sameroeper vir die saamwerk. Ons staan op meer as R150 000 kontant wat reeds inbetaal is. Baie, baie dankie vir ń fantastiese gemeentepoging. Groete Mariëtte

BEHOEFTELYS
Ten einde jou te help om ‘n bydrae te maak vir ons basaar, hiermee ‘n lys van dit wat ons benodig: KONTANT bly altyd ‘n wenner sodat ons self produkte waar dit benodig word, kan aankoop. BANKREKENING: NG Kerk Onrusrivier, ABSA Rek: 406 215 2718 Verwysing: BASAAR, NAAM VAN PERSOON, KOLLEKTELYSNR 

POEDINGTAFEL: Kondensmelk, Idealmelk (ingedampte melk), geblikte vrugte, vla. 2liter houers nagereg op die dag van die basaar. TUISGEBAKTAFEL: Groot koeke, kolwyntjies, terte (sout en soet), 2.5kg koekmeel, suiker, eiers, olie, botter vir bak. TEETUIN: Groot koeke, terte (soet en sout), kaaskoeke, quiche. (enige koeke wat in porsies verkoop kan word). PLAASSTAL: Beskuit, vars brood, muffins, scones, konfyt, suurlemoenstroop, ingemaakte olywe, atjar, kerriebone, kerriewortels of enige tuisgemaakte produk. TUISTESKEPPING: Juweliersware, skilderwerke, doilies, skinkbordlappe, handgemaakte speelgoed, popklere, huis décor, tutu rompies, kussingslope, komberse, gebreide of gehekelde items, mandjies. PLANTE: Enige klein of groot plante, kruie, ens. asook vars blomme op basaardag. LEKKERGOED: Kakao, versiersuiker, Marie beskuitjies, malvalekkers, roomys cones, tuisgemaakte lekkergoed, toffie-appels, lekkergoedhouers, lucky packets, fudge, jellielekkers. PANNEKOEK: 2 liter olie, 2.5kg meel, 2.5kg suiker, X-large eiers. KLEINKOEKIES: 2.5kg meel, 2.5kg suiker, X-large eiers, botter vir bak, 2 liter olie, 1kg klapper, 1kg korente. HULP BY TAFELS: Ons het almal se hulp nodig. Sessies (1 – 3 ure) Besluit self waarvoor jy kans sien. Dui name van vrywilligers op die lys aan. 

Mamma’s, Pappa’s en tieners … Ons benodig asb hulp met die kinderarea vir Saterdag. Net ‘n uur van jou tyd om diens te doen by die jongspan of te help met verkope. Kontak asb vir Margaret op 076 852 8633 of Sandra op 083 458 5597. Dankie! 

Wit Olifanttafel
Enige speelgoed, ongebruikte items in die huis of goeie boeke is welkom. Teddiebere, karretjies, boublokkies, popklere … enige speelgoed is welkom by die Witolifanttafel. Ons maak reg vir ‘n lekker basaar. Skenkings kan gedurende die week by die kerkkantoor afgelaai word. Dankie! 

WAAR ONS HULP BENODIG 

HELPERS NODIG

Kom maak ‘n draai in die maalruimte na die diens, vul jou naam en nr in op die hulp lyste.  Waar wil jy inskakel? Pannekoek? Tuisgebak? Kinderarea? Parkering?  Is daar iets nuuts wat julle graag by die basaar sal wil sien of doen? Kom vertel ons.

Hande …. Behalwe vir al die baie reëlings en sameroepers en vergaderings, het ons meeste van als “hande” nodig by ‘n basaar. ‘n Persoon wat vir ‘n uur of twee sal help by ‘n stalletjie. Help met verkope, of broodjies smeer of sakke pak. Is u dalk daardie persoon? 

Laat weet asb die kerkkantoor sodat u naam op ‘n lysie kan kom. Dankie.